Geformaliniseerde, aluminiumhidroksied gel geadsorbeerde
polivalente suspensie van Pasteurella haemolytica tipes
2, 5, 6, 9 en 15 bakterieë vir die beheer van Pasteurella
infeksies in skape en bokke.
Bewaar die entstof by 'n temperatuur van 4 °C
tot 8 °C, in 'n yskas.
Moet nie die entstof na die vervaldatum wat op die bottel
gedruk is gebruik nie.
AANBEVELINGS VIR GEBRUIK
Skape en bokke van alle ouderdomme word aangetas en
die siekte veroorsaak gewoonlik verskillende grade van
longontsteking (bontlong en harslagsiekte) en Pasteurella-bakterieë
is ook een van die oorsake van mastitis (blou-uier).
Pasteurella infeksies gaan dikwels met infeksies van
parainfluenza virus, mikoplasma organismes en siektes
soos chlamydiose en jaagsiekte gepaard asook spanningstoestande
soos koue en droogtes. Ten einde die beste resultate
met die entstof te verkry moet hierdie toestande ook
bekamp word.
Daar is 'n groot verskeidenheid Pasteurella-bakteriese
stamme en slegs die belangrikste stamme word in die
entstof ingesluit. Gevolglik sal die entstof in sekere
gevalle nie doeltreffend wees nie en indien probleme
ervaar word moet 'n veearts geraadpleeg word. Spesiale
entstowwe teen spesifieke stamme, wat nie in die standaard
entstof opgeneem is nie, is op aanvraag beskikbaar by
Onderstepoort Biologiese Produkte.
WAARSKUWINGS
Moet nie diere binne 7 dae na inenting vir menslike
verbruik slag nie.
Slegs gesonde diere moet ingeënt word.
Hou buite bereik van kinders, oningeligte persone en
diere.
In uitsonderlike gevalle mag Pasteurella entstof skok
reaksies veroorsaak.
'n Aantal minder waardevolle diere moet dus eers ingespuit
word en vir een uur waargeneem word
voordat die hele kudde ingeënt word.
Alhoewel hierdie produk breedvoerig onder 'n wye verskeidenheid
van toestande getoets is, mag
dit faal as gevolg van verskeie redes. Indien dit vermoed
word, raadpleeg 'n veearts en verwittig die
registrasiehouer.
GEBRUIKSAANWYSINGS
Gebruik slegs soos voorgeskryf.
Steriliseer spuite en naalde deur dit vir ten
minste 15 minute in water te kook.
Moet nie ontsmettingsmiddels of brandspiritus gebruik
om spuite en naalde te steriliseer nie. Gebruik 'n afsonderlike
naald vir elke dier. Skud die bottel goed voor gebruik.
Vermy blootstelling aan hoë temperature en direkte
sonlig gedurende inenting.
Diere kan na gelang van omstandighede op enige ouderdom
vanaf 2 weke ingeënt word.
Diere wat vir die eerste keer ingeënt word moet
twee inspuitings met 'n tussenpose van 4 weke ontvang.
'n Versterkingsinspuiting moet 6 maande later gegee
word. Hierna moet 'n enkel inspuiting jaarliks gegee
word.
DOSIS: Skape en bokke 2 ml onderhuids
UITWERKING VAN DIE ENTSTOF
Die entstof veroorsaak feitlik geen reaksie nie. 'n
Klein knop mag egter by die inspuitplek ontstaan en
diere mag tydelik mank wees. Indien dragtige diere ingeënt
moet word is dit raadsaam om eers 'n paar diere in te
spuit en hulle dop te hou vir 30-60 minute voordat die
hele kudde ingeënt word.
Immuniteit ontwikkel ongeveer twee weke na 2de inenting
en beskerm die diere vir ongeveer 6 maande maar kan
egter nie in alle diere gewaarborg word nie.
VERPAKKING
Beskikbaar in bottels van 50 dosisse.
|