Disease Info for CattleDisease Info for:SheepDisease Info for HorsesDisease Info for PoultryDisease Info for GoatsDisease Info for Pigeons
Home PageAbout OBPVaccinesBuy OnlineLegalSitemapNews UpdatesLinksContact Us

OBP Products
Disease Info
Immunization Schedules
Frequently Asked Questions
Latest News
Downloads

Members Login
User Name
Password



Entstowwe - 2122

Formalien geïnaktiveerde suspensie van Chlamydia organismes geëmulsifiseer in 'n olie emulsie vir die
immunisering van skape teen ensoötiese aborsie.

Bewaar die entstof by 'n temperatuur van 4 °C tot 8 °C, in 'n yskas.
Moet nie die entstof na die vervaldatum wat op die bottel gedruk is gebruik nie.


AANBEVELINGS VIR GEBRUIK
Skape kan op enige ouderdom ingespuit word maar dit is wenslik om jong ooie ten minste vier weke
voor die eerste teelseisoen te immuniseer. Die entstof sal nie aborsie verhoed indien dragtige of niedragtige ooie voor inenting reeds besmet geraak het nie.
Afgesien van aborsie kan die siekte ook aanleiding gee tot gewrigsontsteking, longontsteking, senusimptome en maagdermkanaalsteurnisse in jong lammers. Lammers kan gedurende die eerste week na geboorte met entstof ingespuit word maar daar is tot nog toe geen waarborg dat die entstof lammers teen hierdie vorms van die siekte sal beskerm nie.

WAARSKUWINGS
Moet nie diere binne 7 dae na inenting vir menslike verbruik slag nie.
Slegs gesonde diere moet ingeënt word.
Hou buite bereik van kinders, oningeligte persone en diere.
Diere wat voorheen met olie-basis produkte ingespuit was mag 'n reaksie ontwikkel by die
inspuitplek.
Alhoewel hierdie produk breedvoerig onder 'n wye verskeidenheid van toestande getoets is,
mag dit faal as gevolg van verskeie redes. Indien dit vermoed word, raadpleeg 'n veearts en
verwittig die registrasiehouer.

GEBRUIKSAANWYSINGS
Gebruik slegs soos voorgeskryf.

Steriliseer spuite en naalde deur dit vir ten minste 15 minute in water te kook. Moet nie ontsmettingsmiddels of brandspiritus gebruik om spuite en naalde te steriliseer nie. Gebruik sover moontlik 'n steriele naald vir elke dier. Skud die bottel goed voor gebruik. Vermy blootstelling aan hoë temperature en direkte sonlig gedurende inenting.

DOSIS: 1 ml onderhuids.

UITWERKING VAN DIE ENTSTOF
'n Swelsel mag op die plek van inspuiting ontwikkel maar verdwyn weer na 'n paar weke.
Beskerming ontwikkel 3-4 weke na inspuiting en is blywend vir etlike jare. 'n Tweede inspuiting voor
die volgende teelseisoen mag egter voordelig wees onder sekere omstandighede. Immuniteit kan egter
nie in alle diere gewaarborg word nie.

VERPAKKING
Beskikbaar in bottels van 100 dosisse.

 

Terug na Katalogus
EENHEDE VAN
Hulp met aanlyn bestelling
Voeg by tot versoeklys
Uitdrukbare Weergawe (Pdf)

Homepage | About OBP | Vaccines | Buy Online | Legal Documentation | Sitemap | News | Contact Us

© Onderstepoort Biological Products (Ltd)