Disease Info for CattleDisease Info for:SheepDisease Info for HorsesDisease Info for PoultryDisease Info for GoatsDisease Info for Pigeons
Home PageAbout OBPVaccinesBuy OnlineLegalSitemapNews UpdatesLinksContact Us

OBP Products
Disease Info
Immunization Schedules
Frequently Asked Questions
Latest News
Downloads

Members Login
User Name
Password



Entstowwe - 1116

Geformaliniseerde, aluminiumhidroksied gel geadsorbeerde suspensie van Corynebacterium ovis vir die
immunisering van skape en bokke teen kaasagtige limfklierverswerings en longabsesse veroorsaak deur
Corynebacterium ovis.

Bewaar die entstof by 'n temperatuur van 4 °C tot 8 °C, in 'n yskas.
Moet nie die entstof na die vervaldatum wat op die bottel gedruk is gebruik nie.


AANBEVELINGS VIR GEBRUIK
Absesse in die limfknope en longe van skape en bokke kan deur verskeie bakterieë veroorsaak word.
Dit is dus noodsaaklik om deur 'n laboratoriumondersoek te laat vasstel of Corynebacterium ovis wel
die oorsaak is. Op plase waar kaasagtige limfklierverswerings en longabsesse algemeen voorkom moet
skape en bokke wat vir die eerste keer ingeënt word, op die ouderdom van twee weke of ouer, twee
keer met 'n tussenpose van vier weke ingespuit word. Die immuunreaksie duur vir twee tot drie maande
en diere moet derhalwe kort voor verwagte blootstelling aan besmetting geïmmuniseer word.

WAARSKUWINGS
Moet nie diere binne 7 dae na inenting vir menslike verbruik slag nie.
Slegs gesonde diere moet ingeënt word.
Hou buite bereik van kinders, oningeligte persone en diere.
Diere moet nie onmiddellik voor of na die toediening van die entstof oor lang afstande aangejaag
word nie.
Alhoewel hierdie produk breedvoerig onder 'n wye verskeidenheid van toestande getoets is,
mag dit faal as gevolg van verskeie redes. Indien dit vermoed word, raadpleeg 'n veearts en
verwittig die registrasiehouer.


GEBRUIKSAANWYSINGS

Gebruik slegs soos voorgeskryf.
Steriliseer spuite en naalde deur dit vir ten minste 15 minute in water te kook. Moet nie ontsmettingsmiddels of brandspiritus gebruik om spuite en naalde te steriliseer nie. Gebruik 'n afsonderlike steriele naald vir elke dier. Skud die bottel goed voor gebruik. Vermy blootstelling aan hoë temperature en direkte sonlig gedurende inenting.

DOSIS: 2 ml onderhuids.

UITWERKING VAN DIE ENTSTOF
Feitlik geen algemene reaksie word veroorsaak nie. 'n Klein plaaslike swelsel mag voorkom op die plek
van inspuiting en diere is gewoonlik effens mank vir 'n dag of twee.
Immuniteit wat twee weke na inenting ontwikkel beskerm diere vir ongeveer twee tot drie maande maar
kan egter nie in alle diere gewaarborg word nie. Aanwending van die entstof alleen sal nie absesse
doeltreffend beheer nie. 'n Veearts behoort geraadpleeg te word in verband met ander beheermaatreëls.

VERPAKKING
Beskikbaar in bottels van 50 dosisse.

 

Terug na Katalogus
EENHEDE VAN
Hulp met aanlyn bestelling
Voeg by tot versoeklys
Uitdrukbare Weergawe (Pdf)

Homepage | About OBP | Vaccines | Buy Online | Legal Documentation | Sitemap | News | Contact Us

© Onderstepoort Biological Products (Ltd)