Vriesgedroogde suspensie van lewende Brucella melitensis
Rev. I bakterieë vir die voorbehoedende
inenting van ramlammers teen Brucella ovis.
Bewaar die entstof in 'n yskas by 'n temperatuur
van 4 °C tot 8 °C.
Moet nie die entstof na die vervaldatum wat op die bottel
gedruk is gebruik nie.
AANBEVELINGS VIR GEBRUIK
B. ovis: Om bybalontsteking te voorkom
wat deur B. ovis veroorsaak word, moet ramlammers op
2 tot
4 maande ouderdom ingeënt word. Dit is nie nodig
om ooie in te ent nie.
B. melitensis: Dit is 'n seldsame siekte
van skape, tans beperk tot die noordelike gedeeltes
van Namibië
en moontlik gedeeltes van Limpopo en Mpumalanga. Lammers
van beide geslagte word op 2 tot 4
maande ouderdom geïmmuniseer.
WAARSKUWINGS
Moet nie diere binne 3 maande na inenting vir
menslike verbruik slag nie.
Slegs gesonde diere moet ingeënt word.
Hou buite bereik van kinders, oningeligte persone en
diere.
Die entstof moet onder geen omstandighede by dragtige
diere gebruik word nie want dit kan
tot aborsies lei.
Potensieel skadelik vir die mens.
Alhoewel aangeneem word dat die entstof met gewone hantering
skadeloos vir die mens is,
moet voorsorg getref word dat mense nie met die entstof
ingespuit word nie. Vermy blootstelling
van mense se oë. Indien dit plaasvind, spoel die
oë herhaaldelik met vars water uit. In albei
gevalle moet 'n geneesheer geraadpleeg word.
Alhoewel hierdie produk breedvoerig onder 'n wye verskeidenheid
van toestande getoets is,
mag dit faal as gevolg van verskeie redes. Indien dit
vermoed word, raadpleeg 'n veearts en
verwittig die registrasiehouer.
GEBRUIKSAANWYSINGS
Gebruik slegs soos voorgeskryf.
Sterliseer spuite en naalde deur dit vir ten minste
15 minute in water te kook. Moet nie ontsmettingsmiddels
of brandspiritus gebruik om spuite en naalde te steriliseer
nie. Gebruik 'n steriele naald vir elke dier.
Die aktiewe bestanddeel van die entstof is in die vorm
van 'n poeier in 'n klein botteltjie. Dra ongeveer
5 ml van die steriele verdunningsvloeistof wat verskaf
word met 'n steriele spuit oor na die bottel
gedroogde entstof. Meng deeglik totdat die poeier opgelos
is en spuit dan die suspensie terug in die
oorgeblewe steriele verdunningsvloeistof. Die entstof
is nou gereed vir gebruik en moet dadelik ingespuit
word. Hou die entstof koel en vermy blootstelling aan
hoë temperature en sonlig gedurende inenting.
Skud die bottel goed voor gebruik.
DOSIS: 2 ml onderhuids
UITWERKING VAN DIE ENTSTOF
Die entstof veroorsaak geen waarneembare reaksies as
dit volgens voorskrif gebruik word nie. Met 'n
enkele inspuiting kan 'n lewenslange immuniteit verwek
word maar die entstof sal nie noodwendig
volledige immuniteit in alle diere teweegbring nie.
VERPAKKING
Beskikbaar in bottels van 5 en 50 dosisse
|