Disease Info for CattleDisease Info for:SheepDisease Info for HorsesDisease Info for PoultryDisease Info for GoatsDisease Info for Pigeons
Home PageAbout OBPVaccinesBuy OnlineLegalSitemapNews UpdatesLinksContact Us

OBP Products
Disease Info
Immunization Schedules
Frequently Asked Questions
Latest News
Downloads

Members Login
User Name
Password



Entstowwe - 1036
Geformaliniseerde, aluminiumhidroksied gel geadsorbeerde toksoïed-bakterien van Staphylococcus aureus en geselekteerde serotipes van Pasteurella haemolytica vir die immunisering van ooie teen blou-uier.

Bewaar die entstof by 'n temperatuur van 4 °C tot 8 °C, in 'n yskas.
Moet nie die entstof na die vervaldatum wat op die bottel gedruk is gebruik nie.


AANBEVELINGS VIR GEBRUIK
Blou-uier van skape is normaalweg 'n akute mastitis wat onder verskillende omstandighede voorkom en
deur 'n verskeidenheid van bakterieë veroorsaak word. Die belangrikste hiervan is Staphylococcus aureus
en sekere serotipes van Pasteurella haemolytica. Aangesien alle serotipes van P. haemolytica nie in die
entstof ingesluit kan word nie, sal dit nie in alle gevalle doeltreffend wees nie. Onder sulke omstandighede moet 'n veearts geraadpleeg word.
Die immuniteit wat verwek word is nie besonder goed nie en daar moet dus nie op die entstof alleen
staatgemaak word om die toestand te beheer nie. Epidemiologiese beginsels en higiëniese maatreëls
moet gelyktydig toegepas word en 'n veearts moet ook hieromtrent geraadpleeg word.

WAARSKUWINGS

Moet nie diere binne 7 dae na inenting vir menslike verbruik slag nie.
Slegs gesonde diere moet ingeënt word.
Hou buite bereik van kinders, oningeligte persone en diere.
Hanteer dragtige ooie met sorg.
Alhoewel hierdie produk breedvoerig onder 'n wye verskeidenheid van toestande getoets is,
mag dit faal as gevolg van verskeie redes. Indien dit vermoed word, raadpleeg 'n veearts en
verwittig die registrasiehouer.


GEBRUIKSAANWYSINGS
Gebruik slegs soos voorgeskryf.

Steriliseer spuite en naalde deur dit vir ten minste 15 minute in water te kook. Moet nie ontsmettingsmiddels of brandspiritus gebruik om spuite en naalde te steriliseer nie. Gebruik sover moontlik 'n steriele naald vir elke dier.
Skud die bottel goed voor gebruik. Vermy blootstelling aan hoë temperature en direkte sonlig gedurende inenting. Ooie wat vir die eerste keer ingeënt word moet 2 inspuitings ongeveer 6 en 2 weke onderskeidelik voor lamtyd gegee word. Hierna is 'n enkele versterkingsinspuiting 2-3 weke voor lam gedurende elke daaropvolgende dragtigheidsperiode voldoende.
Dit word aanbeveel dat die inspuitings agter die blad teen die borskas toegedien word ten einde
toediening te vergemaklik en hantering van dragtige ooie te beperk.

DOSIS: 2 ml onderhuids.

UITWERKING VAN DIE ENTSTOF
Enkele diere mag soms in uitsonderlike gevalle skokreaksies toon na toediening van die entstof.
Dit is dus raadsaam om eers 'n paar ooie in te ent en hulle vir 30-60 minute dop te hou voordat
die hele kudde ingeënt word. 'n Matige reaksie kan by die inspuitplek ontstaan maar dit verdwyn na 'n paar dae en slegs 'n klein harde knop mag bly voortbestaan. Immuniteit kan egter nie in alle diere gewaarborg word nie.

VERPAKKING
Beskikbaar in bottels van 50 dosisse.
Terug na Katalogus
EENHEDE VAN
Hulp met aanlyn bestelling
Voeg by tot versoeklys
Uitdrukbare Weergawe (Pdf)

Homepage | About OBP | Vaccines | Buy Online | Legal Documentation | Sitemap | News | Contact Us

© Onderstepoort Biological Products (Ltd)