Disease Info for CattleDisease Info for:SheepDisease Info for HorsesDisease Info for PoultryDisease Info for GoatsDisease Info for Pigeons
Home PageAbout OBPVaccinesBuy OnlineLegalSitemapNews UpdatesLinksContact Us

OBP Products
Disease Info
Immunization Schedules
Frequently Asked Questions
Latest News
Downloads

Members Login
User Name
Password



Entstowwe - 1232

Geformaliniseerde olie-emulsie toksoïed van Clostridium perfringens (welchii) tipe D vir die immunisering
van skape teen bloednier.

Bewaar die entstof by 'n temperatuur van 4 °C tot 8 °C, in 'n yskas.
Moet nie die entstof na die vervaldatum wat op die bottel gedruk is gebruik nie.

AANBEVELINGS VIR GEBRUIK
Lammers kan vanaf 4-5 maande ouderdom of selfs vroeër geïmmuniseer word indien hulle op 'n jong
ouderdom gespeen word.
Die beste immuniteit word verkry wanneer diere eers met die olie-emulsie entstof ingespuit word en 'n
tweede inspuiting van die aluin-gepresipiteerde entstof 4-6 weke daarna toegedien word. Indien lammers
jonger as 4 maande ingeënt word, moet 'n versterkingsinenting van die aluin-gepresipiteerde entstof 6-
8 maande later toegedien word. Hierna moet 'n skraag inspuiting van die aluin-gepresipiteerde entstof
jaarliks toegedien word.
LW: Lammers jonger as 2 maande en diere in swak kondisie, wat met interne parasiete besmet is of
wat aan ander siektetoestande ly, sal nie goed immuniseer nie. Dragtige ooie kan wel met veiligheid
met die entstof ingespuit word.

WAARSKUWINGS
Moet nie diere binne 7 dae na inenting vir menslike verbruik slag nie.
Slegs gesonde diere moet ingeënt word.
Hou buite bereik van kinders, oningeligte persone en diere.
Diere wat voorheen met olie-basis produkte ingespuit was mag 'n reaksie ontwikkel by die
inspuitplek. Alhoewel hierdie produk breedvoerig onder 'n wye verskeidenheid van toestande getoets is, mag dit faal as gevolg van verskeie redes. Indien dit vermoed word, raadpleeg 'n veearts en
verwittig die registrasiehouer.


GEBRUIKSAANWYSINGS
Gebruik slegs soos voorgeskryf.

Steriliseer spuite en naalde deur dit vir ten minste 15 minute in water te kook. Moet nie ontsmettingsmiddels
of brandspiritus gebruik om spuite en naalde te steriliseer nie. Gebruik sover moontlik 'n aparte naald
vir elke dier.
Vermy blootstelling aan hoë temperature en direkte sonlig gedurende inenting. Dien die entstof onderhuids toe in die lies of agter die blad. Skud die bottel goed voor gebruik. Wanneer die entstof koud is, is dit betreklik dik en moeilik om toe te dien maar deur dit 'n rukkie by kamertemperatuur te laat staan sal
dit gou dunner word.

DOSIS: 1 ml onderhuids.

UITWERKING VAN DIE ENTSTOF
Die entstof mag 'n tydelike plaaslike reaksie by die inspuitplek veroorsaak en dit is nie wenslik om hierdie
entstof meer as een keer toe te dien nie.
Immuniteit ontwikkel ongeveer 10-14 dae na inenting en beskerm diere vir 1 jaar of langer maar kan
egter nie in alle diere gewaarborg word nie.

VERPAKKING
Beskikbaar in bottels van 100 dosisse.

 

Terug na Katalogus
EENHEDE VAN
Hulp met aanlyn bestelling
Voeg by tot versoeklys
Uitdrukbare Weergawe (Pdf)

Homepage | About OBP | Vaccines | Buy Online | Legal Documentation | Sitemap | News | Contact Us

© Onderstepoort Biological Products (Ltd)