Geformaliniseerde aluin-gepresipiteerde toksoïed
van Clostridium perfringens (welchii) tipe D vir die
immunisering van skape en bokke teen bloednier.
Bewaar die entstof by 'n temperatuur van 4 °C
tot 8 °C, in 'n yskas.
Moet nie die entstof na die vervaldatum wat op die bottel
gedruk is gebruik nie.
AANBEVELINGS VIR GEBRUIK
Lammers kan vanaf 4-5 maande ouderdom of selfs vroeër
geïmmuniseer word indien hulle op 'n jong
ouderdom gespeen word. Die beste immuniteit word verkry
wanneer diere eers met die olie-emulsie entstof ingespuit
word en 'n tweede inspuiting van die aluin-gepresipiteerde
entstof 4-6 weke daarna toegedien word. Indien lammers
jonger as 4 maande ingeënt word, moet 'n versterkingsinenting
van die aluingepresipiteerde entstof 6-8 maande later
toegedien word. Hierna moet 'n skraaginspuiting van
die aluingepresipiteerde entstof jaarliks toegedien
word.
LW: Lammers jonger as 2 maande en diere in swak kondisie,
wat met interne parasiete besmet is of wat
aan ander siektetoestande ly, sal nie goed immuniseer
nie. Dragtige ooie kan wel met veiligheid met
die entstof ingespuit word.
WAARSKUWINGS
Moet nie diere binne 7 dae na inenting vir menslike
verbruik slag nie.
Slegs gesonde diere moet ingeënt word.
Hou buite bereik van kinders, oningeligte persone en
diere.
Alhoewel hierdie produk breedvoerig onder 'n wye verskeidenheid
van toestande getoets is, mag
dit faal as gevolg van verskeie redes. Indien dit vermoed
word, raadpleeg 'n veearts en verwittig
die registrasiehouer.
GEBRUIKSAANWYSINGS
Gebruik slegs soos voorgeskryf.
Steriliseer spuite en naalde deur dit vir ten minste
15 minute in water te kook. Moet nie ontsmettingsmiddels
of brandspiritus gebruik om spuite en naalde te steriliseer
nie. Gebruik sover moontlik 'n aparte naald vir elke
dier. Vermy blootstelling aan hoë temperature en
direkte sonlig gedurende inenting. Dien die entstof
onderhuids toe in die lies of agter die blad. Skud die
bottel goed voor gebruik.
DOSIS: 1 ml onderhuids
KOPPELING AAN OUTOMATIESE SPUIT VIR 500 DOSIS
VERPAKKING
1. Koppel die ingeslote toedieningsbuis aan 'n outomatiese
spuit.
2. Perforeer die rubberprop van die entstofbottel met
die steriele naald van die outomatiese spuit.
3. Druk die pen van die toedieningsbuis deur die geperforeerde
rubberprop.
4. Hang die entstofbottel met behulp van die ingeslote
plastiese tou oor die skouer.
UITWERKING VAN DIE ENTSTOF
Die entstof veroorsaak bykans geen reaksie nie behalwe
dat 'n klein harde knoppie by die inspuitplek mag
ontwikkel. Immuniteit ontwikkel ongeveer 10-14 dae na
die tweede inspuiting en beskerm die diere vir 1 jaar
of langer maar kan egter nie in alle diere gewaarborg
word nie.
VERPAKKING
Beskikbaar in bottels van 100 en 500 dosisse.
|