‘n Olie-emulsie van formalien-geïnaktiveerde
Campylobacter fetus venerealis en Campylobacter fetus
intestinalis bakterieë vir die voorbehoedende immunisering
van verse en bulle teen bees vibriose.
Bewaar die entstof by 'n temperatuur van 4 °C
tot 8 °C, in 'n yskas.
Moet nie die entstof na die vervaldatum wat op die bottel
gedruk is gebruik nie.
AANBEVELINGS VIR GEBRUIK
Verse en bulle moet ses tot agt weke voordat die teelseisoen
begin geïmmuniseer word. ‘n Enkele jaarlikse
versterkingsinspuiting moet vier weke voor elke daaropvolgende
teelseisoene gegee word. In kuddes
waar ‘n onvrugbaarheidsprobleem reeds bestaan
kan dit ook aan ander oorsake te wyte wees bv.
trichomoniase. Boere word gevolglik aangeraai om die
diagnose deur ‘n veearts te laat bevestig.
Die entstof mag besmette bulle genees maar sal in verse
nie besmetting voorkom nie maar wel resorpsie
van die embrio verhoed en daardeur die kalfpersentasie
verhoog. Dit sal egter nie in alle diere noodwendig
absolute immuniteit teweeg bring nie.
WAARSKUWINGS
Moet nie diere binne 7 dae na inenting vir menslike
verbruik slag nie.
Slegs gesonde diere moet ingeënt word.
Hou buite bereik van kinders, oningeligte persone en
diere.
Diere wat voorheen met olie-basis produkte ingespuit
was mag 'n reaksie ontwikkel by die
inspuitplek.
Alhoewel hierdie produk breedvoerig onder 'n wye verskeidenheid
van toestande getoets is,
mag dit faal as gevolg van verskeie redes. Indien dit
vermoed word, raadpleeg 'n veearts en
verwittig die registrasiehouer.
GEBRUIKSAANWYSINGS
Gebruik slegs soos voorgeskryf.
Steriliseer spuite en naalde deur dit vir ten minste
15 minute in water te kook. Moet nie ontsmettingsmiddels
of brandspiritus gebruik om spuite en naalde te steriliseer
nie. Gebruik sover moontlik 'n afsonderlike
steriele naald vir elke dier.
Die entstof is ‘n olie-emulsie en is nie geredelik
vloeibaar wanneer dit koud is nie. Laat die entstof
vir
‘n rukkie by kamertemperatuur staan totdat die
olie vloeibaar is en skud die bottel baie deeglik.
Gebruik ‘n betreklike groot naald om die entstof
op te trek. Dit is verkieslik om die entstof agter die
skouerblad of aan die kant van die nek, toe te dien.
Elke dier moet twee onderhuidse inspuitings met
‘n tussenpose van vier weke gegee word. ‘n
Enkel versterkingsinspuiting moet vier weke voor elke
daaropvolgende teelseisoen gegee word.
DOSIS:
Verse 2 ml onderhuids.
Bulle 5 ml onderhuids.
UITWERKING VAN DIE ENTSTOF
Die entstof sal 'n plaaslike swelsel veroorsaak veral
na toediening van die tweede inspuiting. Hierdie
swelsel sal egter mettertyd verdwyn mits die nodige
voorsorgmaatreëls getref is om die inspuiting asepties
toe te dien.
Immuniteit kan egter nie in alle diere gewaarborg word
nie.
VERPAKKING
Beskikbaar in bottels van 10 ml en100 ml.
|