Bevrore Babesia bovis-besmetlike beesbloed vir die
immunisering van beeste teen Asiatiese rooiwater.
Bevrore rooiwater entstof mag slegs op droë
ys of in vloeibare stikstof bewaar word
(temperature laer as -70 °C). 'n Gewone huishoudelike
vrieskas (-18 °C) is nie geskik
vir die berging van die entstof nie. Entstof wat by
ontvangs heeltemal ontdooi het, is
oneffektief en moet nie gebruik word nie. Bevrore rooiwater
entstof wat direk vanuit
berging (vloeibare stikstof/droë ys) op smeltende
ys geplaas word, sal stadig ontdooi.
Indien dit op smeltende ys gehou word, sal dit vir slegs
'n maksimum tydperk van 4
ure nog geskik wees vir gebruik. Ontdooide entstof kan
nie weer bevries word vir
latere gebruik nie.
AANBEVELINGS VIR GEBRUIK
Die entstof bevat slegs een van die rooiwaterparasiete.
Dit is dus noodsaaklik dat u weet watter
organisme(s) in u area verliese veroorsaak om sodoende
die regte entstof toe te dien.
Asiatiese rooiwater word deur slegs een bloubosluisspesie,
wat 'n baie beperkte verspreiding geniet,
oorgedra. Dit sluit gebiede in soos die Oos-Kaap, Kwazulu-Natal,
Mpumalanga, asook dele van Gauteng.
KALWERS:
In genoemde gebiede behoort alle kalwers ingeënt
te word op ongeveer 6 maande ouderom (tussen 3
en 9 maande). Hierdie ouderdomsklas toon slegs matige
reaksies wat normaalweg geen behandeling
vereis nie, maar daaglikse toesig gedurende die verwagte
reaksietyd word sterk aanbeveel.
VOLWASSE BEESTE:
Die inenting van volwasse diere is arbeidsintensief
en vereis baie strenger toesig. Slegs hanteerbare
getalle beeste moet op 'n slag ingeënt word aangesien
rektale temperature daagliks geneem moet word
vanaf die 5 de tot 21 ste dag na inenting.
Die entstof mag bloedarmoede en koors tot gevolg hê.
Vermy enige spanningsdruk, bv. langafstand
aanjaag en ruwe hantering van diere gedurende die verwagte
reaksietyd.
Onder normale omstandighede is slegs 'n enkele inenting
voldoende.
Afrika rooiwater (Babesia bigemina) entstof en Anaplasmose
entstof kan ook met veiligheid gelyktydig
met dié entstof toegedien word.
WAARSKUWINGS
Moet nie diere binne 7 dae na inenting vir menslike
verbruik slag nie.
Slegs gesonde diere moet ingeënt word.
Hou buite bereik van kinders, oningeligte persone en
diere.
Die organismes in die entstof is minder virulent as
die meeste natuurlike stamme;
nogtans kom hewige reaksies voor by sommige ingeënte
diere. Dit is veral Europese
beesrasse, ingevoerde beeste en in die algemeen ouer
diere wat behandeling mag
vereis. Dragtige diere mag aborteer en melkkoeie sal
produksieverlies ondergaan
indien tydige behandeling nie toegepas word nie.
Alhoewel hierdie produk breedvoerig onder 'n wye verskeidenheid
van toestande
getoets is, mag dit faal as gevolg van verskeie redes.
Indien dit vermoed word,
raadpleeg 'n veearts en verwittig die registrasiehouer.
GEBRUIKSAANWYSINGS
Gebruik slegs soos voorgeskryf.
Afhangende van die fasiliteite beskikbaar t.o.v. die
stoor en vervoer van die bevrore entstof kan een
van die volgende metodes gevolg word:
Vinnige ontdooiing (Entstof bly effektief vir 30 minute):
• Neem die entstof in bevrore toestand op droë
ys of in vloeibare stikstof na die werksarea.
• Kry die korrekte getal beeste gereed voordat
die entstof ontdooi word.
• Entstof moet vinnig in louwarm water (40 °C,
ongeveer liggaamstemperatuur) ontdooi word.
Matige skud van die entstofbottel sal die
ontdooiingsproses versnel tot ongeveer 5 minute.
• Ontdooi slegs genoeg entstof wat onmiddellik
gebruik kan word.
• Indien enige vertraging met die inenting ondervind
word, kan ontdooide entstof vir 'n maksimum
periode van 30 minute op smeltende ys geplaas word voor
toediening.
Stadige ontdooiing (Entstof bly effektief vir
4 ure):
• Bevrore entstof kan direk vanuit berging (vloeibare
stikstof/droë ys) op smeltende ys geplaas word
en dan na die werksarea vervoer word.
• Op smeltende ys sal die entstof stadig ontdooi
en indien dit op smeltende ys gehou word (op
voorwaarde dat ‘n oormaat ys altyd teenwoordig
is in die houer), is dit nog geskik vir gebruik vir
'n
maksimum periode van 4 ure nadat dit uit die vloeibare
stikstof of droë ys verwyder is.
Steriliseer spuite en naalde deur dit vir ten minste
15 minute in water te kook. Moet nie ontsmettingsmiddels
of brandspiritus gebruik om spuite en naalde te steriliseer
nie. 'n Afsonderlike naald moet verkieslik vir elke
dier gebruik word.
DOSIS: 1ml binnespiers, ongeag die
ouderdom of liggaamsmassa
UITWERKING VAN DIE ENTSTOF
Normaalweg word streng daaglikse toesig vir ongeveer
3 weke na inenting aanbeveel. Diere mag begin
koors ontwikkel so gou as die 5 de dag na inenting.
Alhoewel daaglikse temperature van kalwers nie
geneem hoef te word nie, moet hulle nogtans streng dopgehou
word vir enige siektetekens vanaf die 5
de dag na inenting vir ongeveer 16 dae.
Liggaamstemperature van 40 °C en hoër of enige
ander siektetekens mag dui op die begin van hewige
reaksies en sulke diere behoort sonder versuim behandel
te word om moontlike vrektes te voorkom.
Immuniteit ontwikkel 4 tot 6 weke na inenting en duur
moontlik lewenslank in die geval van Asiatiese
rooiwater. Immuniteit kan egter nie in alle diere gewaarborg
word nie.
BEHANDELING
Die gebruik van rooiwatermiddels om entstofreaksies
of natuurlike uitbreke te beheer is uiters krities en
moet baie nou op gelet word om suksesvolle immunisering
teen rooiwater te verseker.
Middels wat diminaseen bevat word aanbeveel vir die
behandeling van rooiwater entstofreaksies en
behoort net oorweeg te word in diere wat enige of meer
van die progressief verergerende siekte tekens
toon soos hoë koors, lusteloosheid, gebrek aan
eetlus, donkergekleurde uriene en bleek slymvliese.
Blokbehandeling van entstofbesmettings met diminaseen
(veral vroeg gedurende die reaksie) beïnvloed
die vewagte immuniteit as gevolg van die steriliserende
effek wat die middel het deur die parasiete te
dood met die gevolg dat geen of slegs kortstondige immuniteit
ontwikkel.
Indien langwerkende middels wat imidokarb of diminaseen
bevat gebruik word om volwasse beeste
voorkomend te behandel gedurende natuurlike uitbreke,
kan die diere slegs suksesvol ingeënt word
nadat die middels deur die dier se sisteem afgebreek
en uitgeskei is, aangesien die nawerking van die
middels die entstof sal neutraliseer. Raadpleeg Onderstepoort
Biologiese Produkte of die plaaslike veearts vir besonderhede,
want dit kan so lank as 3 maande neem voordat herinenting
met Asiatiese rooiwater entstof aanbeveel mag word.
VERPAKKING
Beskikbaar in bottels van 5 dosisse.
|