Vriesgedroogde, lewende, verswakte drie-dae-stywesiekte
virus vir die voorbehoedende inenting van
beeste teen drie-dae-stywesiekte.
Bewaar die entstof in 'n yskas by 'n temperatuur
van 4 °C tot 8 °C.
Moet nie die entstof na die vervaldatum wat op die bottel
gedruk is gebruik nie.
AANBEVELINGS VIR GEBRUIK
Beeste moet na die ouderdom van ses maande ingespuit
word. Volwasse diere kan ingespuit word
ongeag die stadium van dragtigheid of laktasie.
Die entstof moet jaarliks toegedien word ten einde
die immuniteit te versterk. Inenting moet gedurende
die laat winter of vroeë lente plaasvind.
Die entstof moet tesame met insekkontrole van Gulicoides
muggies gedurende die hoe reënval seisoene
toegedien word.
WAARSKUWINGS
Moet nie diere binne 7 dae na inenting vir menslike
verbruik slag nie.
Slegs gesonde diere moet ingeënt word.
Hou buite bereik van kinders, oningeligte persone en
diere.
Diere wat voorheen met olie-basis produkte ingespuit
was mag 'n reaksie ontwikkel by die
inspuitplek. Alhoewel hierdie produk breedvoerig onder
'n wye verskeidenheid van toestande getoets is, mag
dit faal as gevolg van verskeie redes. Indien dit vermoed
word, raadpleeg 'n veearts en
verwittig die registrasiehouer.
GEBRUIKSAANWYSINGS
Gebruik slegs soos voorgeskryf.
Sterliseer spuite en naalde deur dit vir ten minste
15 minute in water te kook. Moet nie ontsmettingsmiddels
of brandspiritus gebruik om spuite en naalde te steriliseer
nie.
Aangesien die entstof olie bevat moet sorgvuldige higiëniese
maatreëls tydens inenting geneem word
om besmetting te verhoed. Indien inenting tydens
'n uitbraak van die siekte gedoen word moet
'n aparte naald vir elke dier gebruik word om verspreiding
van infeksie te verhoed.
Vermy blootstelling aan hoë temperature en direkte
sonlig gedurende inenting.
Die aktiewe bestanddeel van die entstof is in die vorm
van 'n poeier of klont in 'n klein botteltjie. Dra
die inhoud van die botteltjie gemerk Water-Fase
oor na die botteltjie vriesgedroogde entstof. Die vloeistof
moet versigtig in 'n spuit op en af getrek word totdat
die vriesgedroogde materiaal opgelos is. Dra nou
die volle hoeveelheid oor na die plastiese botteltjie
gemerk Olie-Fase en meng goed deur
ten minste
15 keer op en af in die spuit te trek.
Die entstof is nou gereed vir gebruik.
Moet nie meer entstof berei as wat binne een
(1) uur toegedien kan word nie.
DOSIS: 2 ml onderhuids
UITWERKING VAN DIE ENTSTOF
Klein plaaslike swelsels mag soms voorkom op die plek
waar die entstof toegedien is. Immuniteit begin
na vier weke ontwikkel en diere behoort na ses weke
beskerm te wees maar kan egter nie in alle diere
gewaarborg word nie. Jaarlikse her-inenting word aanbeveel.
VERPAKKING
Beskikbaar in pakkies van 5 dosisse.
|