Disease Info for CattleDisease Info for:SheepDisease Info for HorsesDisease Info for PoultryDisease Info for GoatsDisease Info for Pigeons
Home PageAbout OBPVaccinesBuy OnlineLegalSitemapNews UpdatesLinksContact Us

OBP Products
Disease Info
Immunization Schedules
Frequently Asked Questions
Latest News
Downloads

Members Login
User Name
Password



Entstowwe - 1276

Geformaliniseerde aluminiumhidroksied-geadsorbeerde toksoïed van Clostridium tetani vir die immunisering van skape, bokke, beeste, perde, varke en honde teen tetanus.

Bewaar die entstof by 'n temperatuur van 4 °C tot 8 °C, in 'n yskas.
Moet nie die entstof na die vervaldatum wat op die bottel gedruk is gebruik nie.


AANBEVELINGS VIR GEBRUIK

Tetanus kom dikwels voor deurdat wonde met die organisme besmet raak. Diere wat vir die eerste keer ingeënt word moet op die ouderdom van drie maande of ouer twee keer met 'n tussenpose van 4–6 weke ingeënt word. Daarna word die inspuiting slegs eenkeer per jaar herhaal om die immuniteit te behou.
Om diere jonger as drie maande te beskerm teen besmetting ten tye van kastrasie, afsny van sterte of die
naelstring net na geboorte, moet die moeder-dier, wat vir die eerste keer immuniseer word op ses weke en weer op twee weke voor geboortetyd ingespuit word. Daarna slegs eenkeer per jaar 2–4 weke voor baring. Die pasgebore dier ontvang sodoende van die moeder immuniteit wat vir 8–10 weke duur. Op die ouderdom van drie maande word die jong diere dan ingeënt soos reeds beskryf.

WAARSKUWINGS
Moet nie diere binne 7 dae na inenting vir menslike verbruik slag nie.
Hou buite bereik van kinders, oningeligte persone en diere.
Alhoewel hierdie produk breedvoerig onder 'n wye verskeidenheid van toestande getoets
is, mag dit faal as gevolg van verskeie redes. Indien dit vermoed word, raadpleeg 'n veearts
en verwittig die registrasiehouer.


GEBRUIKSAANWYSINGS
Gebruik slegs soos voorgeskryf.
Steriliseer spuite en naalde deur dit vir ten minste 15 minute in water te kook. Moet nie ontsmettingsmiddels of brandspiritus gebruik om spuite en naalde te steriliseer nie. Gebruik 'n afsonderlike steriele naald vir elke dier.
Skud die bottel goed elke keer voor gebruik.
Vermy blootstelling aan hoë temperature en direkte sonlig gedurende inenting.

DOSIS:
Perde: 1 ml binnespiers
Ander diere: 1 ml onderhuids

UITWERKING VAN DIE ENTSTOF
'n Klein plaaslike swelsel mag op die plek van inspuiting ontwikkel maar dit verdwyn weer na 'n kort periode.
In perde mag sugagtige swelsels voorkom, wat egter ook binne 'n paar dae verdwyn.
Na die toediening van die eerste twee en daaropvolgende jaarlikse inspuitings behoort diere vir ten minste
9–12 maande immuun te wees maar kan egter nie in alle diere gewaarborg word nie.

VERPAKKING
Beskikbaar in bottels van 10 dosisse.

 

Terug na Katalogus
EENHEDE VAN
Hulp met aanlyn bestelling
Voeg by tot versoeklys
Uitdrukbare Weergawe (Pdf)

Homepage | About OBP | Vaccines | Buy Online | Legal Documentation | Sitemap | News | Contact Us

© Onderstepoort Biological Products (Ltd)