Geformaliniseerde alumuniumhidroksied gel geadsorbeerde
anakultuur van Clostridium septicum vir die
immunisering van skape, bokke en beeste teen Cl. septicum-besmettings
(kwaadaardige edeem).
Bewaar die entstof by 'n temperatuur van 4 °C
tot 8 °C, in 'n yskas.
Moet nie die entstof na die vervaldatum wat op die bottel
gedruk is gebruik nie.
AANBEVELINGS VIR GEBRUIK
Cl. septicum veroorsaak wondinfeksies in skape en is
ook sporadies verantwoordelik vir kwaadaardige
edeem in skape en beeste. Dit is baie moeilik om 'n
besliste diagnose te maak en die hulp van 'n veearts
behoort ingeroep te word.
Na gelang van omstandighede en die voorkoms van die
siekte kan diere op enige ouderdom vanaf
twee weke ingeënt word. Elke dier moet aanvanklik
twee onderhuidse inspuitings met 'n tussenpose van
vier weke ontvang en daarna moet 'n jaarlikse versterkingsinspuiting
toegedien word.
Op plase waar wondbesmetting in skape algemeen is, moet
skape 3–4 weke voor skeertyd ingeënt
word.
WAARSKUWINGS
Moet nie diere binne 7 dae na inenting vir menslike
verbruik slag nie.
Slegs gesonde diere moet ingeënt word.
Hou buite bereik van kinders, oningeligte persone en
diere.
Moet nie binnespiers ingespuit word nie — gee
binnespierse letsels.
Alhoewel hierdie produk breedvoerig onder 'n wye verskeidenheid
van toestande getoets is,
mag dit faal as gevolg van verskeie redes. Indien dit
vermoed word, raadpleeg 'n veearts en
verwittig die registrasiehouer.
GEBRUIKSAANWYSINGS
Gebruik slegs soos voorgeskryf.
Steriliseer spuite en naalde deur dit vir ten minste
15 minute in water te kook. Moet nie ontsmettingsmiddels
of brandspiritus gebruik om spuite en naalde te steriliseer
nie. Gebruik sover moontlik 'n aparte naald vir elke
dier. Skud die bottel goed voor gebruik. Vermy blootstelling
aan hoë temperature en direkte sonlig gedurende
inenting.
DOSIS:
Skape en bokke: 2 ml onderhuids.
Beeste: 5 ml onderhuids.
UITWERKING VAN DIE ENTSTOF
Feitlik geen reaksie word veroorsaak nie, maar 'n klein
plaaslike swelsel mag voorkom op die plek waar
die entstof toegedien is. Immuniteit ontwikkel ongeveer
twee weke na inenting en beskerm die diere vir
nege tot 12 maande maar kan egter nie in alle diere
gewaarborg word nie.
VERPAKKING
Beskikbaar in bottels van 100 ml.
|