verswakte Slenkdalkoorsvirus (Smithburn stam) in
gevriesdroogde vorm vir die immunisering
van beeste, skape en bokke teen Slenkdalkoors.
Bewaar die entstof in 'n yskas by 'n temperatuur
van 4 °C tot 8 °C.
Moet nie die entstof na die vervaldatum wat op die bottel
gedruk is gebruik nie.
AANBEVELINGS VIR GEBRUIK
Diere kan op enige ouderdom ingeënt word behalwe
dat lammers, kalwers en bokkies van gesoute diere
nie ingeënt moet word voordat hulle ses maande
oud is nie omdat die teenliggame in die biesmelk die
uitwerking van die entstof mag belemmer. Hierdie siekte
kom gedurende die laat somer en herfs voor
en daarom is dit wenslik om vatbare diere gedurende
die lente, 3–6 weke voordat die ooie by die
ramme geplaas word, in te ent. Indien moontlik moet
teling so gereël word dat ooie vanaf Februarie
tot April lam om te verseker dat lammers beskerm is
deur die teenliggame in die biesmelk gedurende
die tyd van die jaar wanneer hierdie siekte voorkom.
WAARSKUWINGS
Moet nie diere binne 7 dae na inenting vir menslike
verbruik slag nie.
Slegs gesonde diere moet ingeënt word.
Hou buite die bereik van kinders, oningeligte persone
en diere.
Onder normale omstandighede behoort dragtige diere nie
met lewende entstof ingeënt te word
nie aangesien dit in ‘n klein persentasie van
dié diere, maar veral in skape, aborsies of fetale
misvorming kan veroorsaak.
Alhoewel hierdie produk breedvoerig onder 'n wye verskeidenheid
van toestande getoets is,
mag dit faal as gevolg van verskeie redes. Indien dit
vermoed word, raadpleeg 'n veearts en
verwittig die registrasiehouer.
GEBRUIKSAANWYSINGS
Gebruik slegs soos voorgeskryf.
Sterliseer spuite en naalde deur dit vir ten minste
15 minute in water te kook. Moet nie ontsmettingsmiddels
of brandspiritus gebruik om spuite en naalde te steriliseer
nie.
Die aktiewe bestanddeel van die entstof is in die vorm
van 'n poeier of klont in 'n klein botteltjie.
Dra 5 ml verdunningsvloeistof met 'n steriele spuit
oor na die botteltjie gedroogde entstof. Meng deeglik
totdat die poeier opgelos is. Dra die opgeloste entstof
terug na die oorgeblewe verdunningsvloeistof en
meng weer goed. Die entstof is nou gereed vir gebruik
en moet dadelik ingespuit word. Vermy blootstelling
aan hoë temperature en direkte sonlig gedurende
inenting. Skud die bottel goed voor gebruik. Gebruik
'n afsonderlike naald vir elke dier, veral tydens Slenkdalkoors
uitbrake.
DOSIS: Beeste, skape en bokke: 1 ml
onderhuids
UITWERKING VAN DIE ENTSTOF
'n Ligte koorsreaksie wat gou verdwyn mag vanaf die
tweede tot vierde dag na inenting voorkom en
na drie weke is die diere ten volle beskerm. Een inenting
verleen gewoonlik lewenslange immuniteit
maar alle diere sal nie noodwendig volledig beskerm
word nie.
VERPAKKING
Beskikbaar in bottels van 100 dosisse.
|