Disease Info for CattleDisease Info for:SheepDisease Info for HorsesDisease Info for PoultryDisease Info for GoatsDisease Info for Pigeons
Home PageAbout OBPVaccinesBuy OnlineLegalSitemapNews UpdatesLinksContact Us

OBP Products
Disease Info
Immunization Schedules
Frequently Asked Questions
Latest News
Downloads

Members Login
User Name
Password



Entstowwe - 2146

Geformaliniseerde Slenkdalkoorsvirus met aluminiumhidroksied gel as adjuvant vir die voorbehoedende
inenting van beeste, skape en bokke teen Slenkdalkoorssiekte.

Bewaar die entstof by 'n temperatuur van 4 °C tot 8 °C, in 'n yskas.
Moet nie die entstof na die vervaldatum wat op die bottel gedruk is gebruik nie.


AANBEVELINGS VIR GEBRUIK
Vatbare diere kan op enige ouderdom en ongeag die stadium van dragtigheid of laktasie ingeënt
word. Kalwers of lammers van geïmmuniseerde diere kan slegs doeltreffend ingeënt word na die
ouderdom van ses maande. Jaarlikse inenting word aanbeveel en dit is wenslik om gedurende laat winter
of vroeë lente te ent.

WAARSKUWINGS
Moet nie diere binne 7 dae na inenting vir menslike verbruik slag nie.
Slegs gesonde diere moet ingeënt word.
Hou buite bereik van kinders, oningeligte persone en diere.
Alhoewel hierdie produk breedvoerig onder 'n wye verskeidenheid van toestande getoets is,
mag dit faal as gevolg van verskeie redes. Indien dit vermoed word, raadpleeg 'n veearts en
verwittig die registrasiehouer.


GEBRUIKSAANWYSINGS
Gebruik slegs soos voorgeskryf.
Steriliseer spuite en naalde deur dit vir ten minste 15 minute in water te kook.
Moet nie ontsmettingsmiddels of brandspiritus gebruik om spuite en naalde te steriliseer nie.
Gebruik 'n afsonderlike steriele naald vir elke dier.
Skud die bottel goed voor gebruik. Vermy blootstelling van die entstof aan hoë temperature en direkte
sonlig gedurende inenting.

DOSIS:
Beeste 2 ml onderhuids
Skape en bokke 1 ml onderhuids

UITWERKING VAN DIE ENTSTOF

Optimale beskerming word verkry met ‘n skraagdosis 3 - 4 weke na aanvanklike inenting, met jaarlikse
her-inenting.

VERPAKKING
Beskikbaar in bottels van 100 ml.

 

Terug na Katalogus
EENHEDE VAN
Hulp met aanlyn bestelling
Voeg by tot versoeklys
Uitdrukbare Weergawe (Pdf)

Homepage | About OBP | Vaccines | Buy Online | Legal Documentation | Sitemap | News | Contact Us

© Onderstepoort Biological Products (Ltd)