Disease Info for CattleDisease Info for:SheepDisease Info for HorsesDisease Info for PoultryDisease Info for GoatsDisease Info for Pigeons
Home PageAbout OBPVaccinesBuy OnlineLegalSitemapNews UpdatesLinksContact Us

OBP Products
Disease Info
Immunization Schedules
Frequently Asked Questions
Latest News
Downloads

Members Login
User Name
Password



Entstowwe - 1015

Gliserien suspensie van avirulente Bacillus anthracis 34F2 spore vir die immunisering van beeste, perde,
muile, donkies, skape, bokke, varke en kamele teen miltsiekte.

Bewaar die entstof by 'n temperatuur van 4 °C tot 8 °C, in 'n yskas.
Moet nie die entstof na die vervaldatum wat op die bottel gedruk is gebruik nie.

AANBEVELINGS VIR GEBRUIK
Ent alle diere jaarliks. Diere wat werk moet 'n week tot 10 dae rus nadat hulle ingeënt is. Moet nie diere
oor lang afstande aanjaag voordat die swelsel verdwyn het nie.

WAARSKUWINGS
Moet nie diere binne 14 dae na inenting vir menslike verbruik slag nie.
Slegs gesonde diere moet ingeënt word.
Hou buite bereik van kinders, oningeligte persone en diere.
Bokke moet in die binneboud of stertvou ingeënt word, aangesien die diere geneig is om soms
swaar allergiese reaksies met swelsels te ontwikkel op die plek van inspuiting en wat versmoring
kan veroorsaak indien hulle in die nek ingeënt word.
Ten spyte van alle moontlike voorsorgmaatreëls kan die absolute veiligheid van hierdie entstof
ongelukkig nie in alle diere gewaarborg word nie. Enkele diere, op bepaalde plase, mag na
toediening van die entstof skokreaksies toon. U word dus versoek om, wanneer entstof gebruik
word, eers 'n tiental jong diere in te ent en vir 30-60 minute dop te hou. Indien hulle geen reaksie
toon nie kan daar met die inenting van die res van die kudde voortgegaan word.
Alhoewel hierdie produk breedvoerig onder 'n wye verskeidenheid van toestande getoets is,
mag dit faal as gevolg van verskeie redes. Indien dit vermoed word, raadpleeg 'n veearts en
verwittig die registrasiehouer.

GEBRUIKSAANWYSINGS
Gebruik slegs soos voorgeskryf.
Steriliseer spuite en naalde deur dit vir ten minste 15 minute in water te kook. Moet nie ontsmettingsmiddels of brandspiritus gebruik om spuite en naalde te steriliseer nie. Gebruik 'n afsonderlike steriele naald vir elke dier. Skud die bottel goed voor gebruik. Vermy blootstelling aan hoë temperature en direkte sonlig gedurende inenting.

DOSIS: 1 ml onderhuids ongeag van soort, ras of ouderdom.

UITWERKING VAN DIE ENTSTOF
'n Plaaslike swelsel ontwikkel op die plek van inspuiting. Die swelsel is egter tydelik van aard en verdwyn
na 'n paar dae. Immuniteit ontwikkel binne 2-4 weke na inenting en duur vir 9-12 maande maar kan
egter nie in alle diere gewaarborg word nie.

VERPAKKING
Beskikbaar in bottels van 10 en 100 dosisse.

 

Terug na Katalogus
EENHEDE VAN
Hulp met aanlyn bestelling
Voeg by tot versoeklys
Uitdrukbare Weergawe (Pdf)

Homepage | About OBP | Vaccines | Buy Online | Legal Documentation | Sitemap | News | Contact Us

© Onderstepoort Biological Products (Ltd)