Disease Info for CattleDisease Info for:SheepDisease Info for HorsesDisease Info for PoultryDisease Info for GoatsDisease Info for Pigeons
Home PageAbout OBPVaccinesBuy OnlineLegalSitemapNews UpdatesLinksContact Us

OBP Products
Disease Info
Immunization Schedules
Frequently Asked Questions
Latest News
Downloads

Members Login
User Name
Password



Entstowwe - 3024

Bevrore Cowdria ruminantium-besmetlike skaapbloed vir die immunisering van beeste, skape en bokke teen hartwater.

Bevrore Hartwater-besmetlike bloed mag slegs op droë ys of in vloeibare stikstof bewaar word
(temperature laer as –70 °C). ‘n Gewone huishoudelike vrieskas (–18 °C) is nie geskik vir die
berging van die entstof nie. Entstof wat by ontvangs heeltemal ontdooi het, is oneffektief en
moet nie gebruik word nie. Bevrore entstof wat direk vanuit berging (vloeibare stikstof/droë
ys) op smeltende ys geplaas word, sal stadig ontdooi. Indien dit op smeltende ys gehou word,
sal dit vir slegs ‘n maksimum tydperk van 4 ure nog geskik wees vir gebruik. Ontdooide entstof
kan nie weer bevries word vir latere gebruik nie.

AANBEVELINGS VIR GEBRUIK
Kalwers en lammers, jonger as drie weke, is redelik bestand teen hartwater en alhoewel hulle gewoonlik
nie straf reageer nie moet behandeling tog toegepas word wanneer nodig. In ouer diere kan strawwe
reaksies verwag word.
Sulke diere moet beslis behandel word om vrektes te voorkom. Aangesien
jong kalwers 'n hoë weerstand het word aanbeveel dat hulle op hierdie stadium ingeënt word.

WAARSKUWINGS
Moet nie diere binne 28 dae na inenting vir menslike verbruik slag nie.
Slegs gesonde diere moet ingeënt word.
Hou buite die bereik van kinders, oningeligte persone en diere.
Hartwaterbloed is in werklikheid nie 'n entstof nie maar eenvoudig skaap bloed wat met
hartwater organismes besmet is. Die stam van die organisme wat in die bloed gebruik word is
besonder geskik vir doeleindes van immunisasie. Dragtige diere moet nie met hartwaterbesmetlike
bloed ingespuit word nie aangesien hewige reaksies aborsies tot gevolg kan hê.
In uitsonderlike gevalle kan perakute gevalle voorkom en diere mag vrek sonder dat 'n
temperatuurreaksie waargeneem word. In sommige gevalle kom 'n skokreaksie gedurende of
net na die inspuiting van hartwaterbloed voor. Die reaksie word gekenmerk deur 'n gejaagde
asemhaling, bewerasie, onstandvastigheid op die bene en soms kan die dier vrek. Skok kan in
'n groot mate voorkom word deur die dier op sy sy gedurende en vir 'n kort rukkie na die
inspuiting te laat lê maar veral deur die inspuiting stadig toe te dien.
Alhoewel hierdie produk breedvoerig onder 'n wye verskeidenheid van toestande getoets is,
mag dit faal as gevolg van verskeie redes. Indien dit vermoed word, raadpleeg 'n veearts en
verwittig die registrasiehouer.

GEBRUIKSAANWYSINGS
Gebruik slegs soos voorgeskryf.
Dit is belangrik dat die entstof binneaars (in die nekaar) toegedien word. Indien enige onsekerheid
bestaan word aanbeveel dat van ‘n veearts se dienste gebruik gemaak word.
Afhangende van die fasiliteite beskikbaar t.o.v. die stoor en vervoer van die bevrore entstof kan een
van die volgende metodes gevolg word:

Vinnige ontdooiing (Entstof bly effektief vir 30 minute):
• Neem die entstof in bevrore toestand op droë ys of in vloeibare stikstof na die werksarea.
• Kry die korrekte getal diere gereed voordat die entstof ontdooi word.
• Entstof moet vinnig in louwarm water (40 °C, ongeveer liggaamstemperatuur) ontdooi word.
   Matige skud van die entstofbottel sal die ontdooiingsproses versnel tot ongeveer 5 minute.
• Ontdooi slegs genoeg entstof wat onmiddellik gebruik kan word.
• Indien enige vertraging met die inenting ondervind word, kan ontdooide entstof vir ‘n maksimum
   periode van 30 minute
op smeltende ys geplaas word voor toediening.

Stadige ontdooiing (Entstof bly effektief vir 4 ure):
• Bevrore entstof kan direk vanuit berging (vloeibare stikstof/droë ys) op smeltende ys geplaas word
   en dan na die werksarea vervoer word.
• Op smeltende ys sal die entstof stadig ontdooi en indien dit op smeltende ys gehou word (op
   voorwaarde dat ‘n oormaat ys altyd teenwoordig is in die houer) is dit nog geskik vir gebruik vir ‘n
   maksimum periode van 4 ure nadat dit uit die vloeibare stikstof of droë ys verwyder is.

Steriliseer spuite en naalde deur dit vir ten minste 15 minute in water te kook. Moet nie ontsmettingsmiddels of brandspiritus gebruik om spuite en naalde te steriliseer nie. ‘n Afsonderlike naald moet verkieslik vir
elke dier gebruik word.

DOSIS: 3 ml binneaars vir beeste, skape en bokke ongeag hulle ouderdom

UITWERKING VAN DIE ENTSTOF
Daar kan verwag word dat beeste tussen die 12de en 30ste dag, en skape en bokke tussen die 8ste
en 21ste dag sal reageer. Die temperatuur van alle diere wat ingespuit is behoort daagliks geneem te
word. Sodra 'n koorsreaksie begin moet die dier behandel word. Deur bloedsmere te laat ondersoek
kan koorsreaksies wat moontlik gelyktydig deur ander siektes soos rooiwater en galsiekte veroorsaak
mag word vroegtydig waargeneem word.
Hartwaterreaksie: Die beste middels wat tans beskikbaar is vir beide die hartwaterreaksie, asook vir
natuurlike hartwater, is die tetrasikliene antibiotika. Volledige gebruiksaanwysings verskyn op die houer.
As die temperature na 24 uur nog steeds hoog is moet die behandeling herhaal word. Diere wat op
hierdie wyse ingeënt is behou hulle immuniteit lewenslank indien hulle op hartwaterbesmette veld loop.
Die immuniteit teen hartwater is afhanklik van gereelde herbesmetting en diere wat op skoon veld teen
hartwater ingeënt word kan na enkele maande weer vatbaar wees. Dit is dus noodsaaklik dat sulke diere
binne twee maande vanaf inenting na hartwaterveld oorgeplaas word om sodoende herbesmetting te
verseker. Immuniteit kan egter nie in alle diere gewaarborg word nie.

VERPAKKING
Beskikbaar in bottels van 3 dosisse en word op droë ys versend.


Terug na Katalogus
EENHEDE VAN
Hulp met aanlyn bestelling
Voeg by tot versoeklys
Uitdrukbare Weergawe (Pdf)

Homepage | About OBP | Vaccines | Buy Online | Legal Documentation | Sitemap | News | Contact Us

© Onderstepoort Biological Products (Ltd)