Die entstof is ‘n kombinasie van geformaliniseerde
aluminiumhidroksied gel geadsorbeerde toksoïede
van Clostridium chauvoei, Cl. novyi A en Cl. septicum
vir die immunisering van beeste en skape teen
gasgangreen kompleks.
Bewaar die entstof by 'n temperatuur van 4 °C tot
8 °C, in 'n yskas.
Moet nie die entstof na die vervaldatum wat op die bottel
gedruk is gebruik nie.
WAARSKUWINGS
Geen onttrekkingsperiode na inenting word voorgeskryf
nie.
Slegs gesonde diere moet ingeënt word.
Hou buite bereik van kinders, oningeligte persone en
diere.
Moet nie binnespiers gespuit word nie.
Gebruik al die entstof na opening van die houer of vernietig
ongebruikte entstof.
Moenie gebruikte houers stoor vir toekomstige gebruik
nie.
VOORSORGMAATREËLS
Moet nie met ander entstowwe meng nie.
Alhoewel hierdie produk breedvoerig onder 'n wye verskeidenheid
van toestande getoets is,
mag dit faal as gevolg van verskeie redes. Indien dit
vermoed word, raadpleeg 'n veearts en
verwittig die registrasiehouer.
Maak seker dat slegs steriele spuite en naalde gebruik
word vir enting.
Tref aseptiese voorsorg.
GEBRUIKSAANWYSINGS
Gebruik slegs soos voorgeskryf.
Op plase waar wondbesmetting in skape algemeen is, moet
skape 3 - 4 weke voor skeertyd ingeënt
word. Na gelang van omstandighede en die voorkoms van
die siekte kan diere op enige ouderdom
vanaf 2 weke ingeënt word. Elke dier moet aanvanklik
2 onderhuidse inspuitings met ‘n tussenpose van
4 weke ontvang en daarna moet ‘n jaarlikse versterkingsinspuiting
toegedien word.
Steriliseer spuite en naalde deur dit vir ten minste
15 minute in water te kook. Moet nie ontsmettingsmiddels
of brandspiritus gebruik om spuite en naalde te steriliseer
nie. Gebruik 'n afsonderlike naald vir elke
dier.
Laat die entstof toe om geleidelik kamertemperatuur
(20 - 25°C) te bereik voor gebruik. Skud die bottel
goed voor gebruik en met gereelde tussenposes tydens
gebruik. Vermy blootstelling aan hoë temperature
en direkte sonlig tydens enting.
DOSIS:
Beeste 5 ml onderhuids.
Skape 2 ml onderhuids.
UITWERKING VAN DIE ENTSTOF
Feitlik geen reaksie word veroorsaak nie, maar 'n klein
swelsel mag voorkom op die plek waar die entstof
toegedien is.
Immuniteit ontwikkel ongeveer twee weke na die tweede
inenting en beskerm die diere vir ongeveer
9–12 maande maar kan egter nie in alle diere gewaarborg
word nie.
VERPAKKING
Beskikbaar in bottels van 20 en 100 bees- of 50 en 250
skaapdosisse.
|