Geformaliniseerde aluminiumhidroksied gel geadsorbeerde
suspensie van Actinomyces pyogenes bakterieë en
toksoïed vir die beheer van A. pyogenes besmettings
in beeste, skape en bokke.
Bewaar die entstof by 'n temperatuur van 4 °C tot
8 °C, in 'n yskas.
Moet nie die entstof na die vervaldatum wat op die bottel
gedruk is gebruik nie.
AANBEVELINGS VIR GEBRUIK
Absesse en ander etterige besmettings kan deur 'n verskeidenheid
bakterieë veroorsaak word. Op plase
waar sulke besmettings is, is dit raadsaam om die oorsaak
deur 'n veeartsenykundige laboratorium te
laat bevestig.
Aangesien die entstof slegs tydelik en gedeeltelik immuniteit
verwek, is dit raadsaam om die entstof
6 - 8 weke voor die gewone verwagte voorkoms van besmettings
toe te dien. Oordeelkundige aanwending
van die entstof moet ook met ander aangewese beheermaatreëls
gepaard gaan en vee-eienaars word
aangeraai om 'n veearts in hierdie verband te raadpleeg.
Die entstof sal nie beskerming teen die gewone vorms
van Staphylococcus en Streptococcus mastitis verleen
nie.
WAARSKUWINGS
Moet nie diere binne 7 dae na inenting vir menslike
verbruik slag nie.
Slegs gesonde diere moet ingeënt word.
Hou buite bereik van kinders, oningeligte persone en
diere.
Alhoewel hierdie produk breedvoerig onder 'n wye verskeidenheid
van toestande getoets is,
mag dit faal as gevolg van verskeie redes. Indien dit
vermoed word, raadpleeg 'n veearts en
verwittig die registrasiehouer.
GEBRUIKSAANWYSINGS
Gebruik slegs soos voorgeskryf.
Steriliseer spuite en naalde deur dit vir ten minste
15 minute in water te kook. Moet nie ontsmettingsmiddels
of brandspiritus gebruik om spuite en naalde te steriliseer
nie. Gebruik 'n afsonderlike steriele naald vir elke
dier. Skud die bottel goed voordat die spuit volgetrek
word. Vermy blootstelling van entstof aan hoë temperature
en direkte sonlig gedurende inenting. Inspuitings in
beeste moet verkieslik onder die los vel van die nek
gedoen word. Diere kan op enige stadium vanaf 2 weke
ouderdom ingeënt word.
Wanneer diere vir die eerste keer geënt word moet
hulle 'n reeks van 3 inspuitings met tussenposes van
10 dae ontvang. 'n Enkel versterkingsinspuiting moet
dan elke 6 maande toegedien word.
DOSIS:
Beeste ouer as 6 maande : 10 ml onderhuids.
Volwasse skape, bokke en kalwers onder 6 maande : 5
ml onderhuids.
Lammers onder 2 maande : 2 ml onderhuids.
UITWERKING VAN DIE ENTSTOF
Weens die groot dosis wat benodig word mag plaaslike
swelsels en mankheid voorkom. Indien dit
gebeur kan die tyd tussen inspuitings na 14 dae verleng
word.
Dit is ook nie raadsaam om diere pas na toediening van
die entstof ver aan te jaag nie.
Immuniteit is maksimaal 14-28 dae na toediening van
die derde dosis entstof en duur vir ongeveer 6
maande maar kan egter nie in alle diere gewaarborg word
nie.
VERPAKKING
Beskikbaar in bottels van 100 ml.
|