Articles & News

Dieregesondheid - Ondersoek geloods na entstowwe

Na vele klagtes dat entstowwe boere in die steek laat, het Onderstepoort Biologiese Dienste ‘n ondersoek laat instel DEUR Gerrit Bezuidenhout

Volgens Dr Jacob Modumo, hoofbestuurder van Onderstepoort Biologiese Dienste (OBP) het die maatskappy besef dat die klagtes jeens hulle entstowwe in ‘n baie ernstige lig gesien moes word. Die klagtes gaan daaroor dat OBP se entstowwe nie vee gedurende die Slenkdalkoors-epidemie verlede jaar genoegsaam beskerm het nie. Boere regoor die land het dus miljoene rande se skade gelei, en die veebedryf is ‘n groot knou toegedien.

OBP het dus gelas dat ‘n onafhanklike konsultant aangestel moes word om hierdie klagtes deeglik te ondersoek. Die onafhanklike konsultant wat aangestel is, is professor Leon Prozesky, verbonde aan die Universiteit van Pretoria. Volgens Modumo het OBP vir Prozesky carte blanche gegee om die ondersoek so noukeurig moontlik te verrig. Hy is gevra om na veral drie aspekte te kyk ten einde die boere se klagtes te kan beantwoord: Eerstens moes daar gekyk word na die effektiwiteit van die OBP entstowwe om te bepaal of die probleem by die entstowwe lê. Tweedens daar gekyk word na diagnostiese aspekte van die bepaling van die siekte, en derdens moes die impak wat ander siektes gehad het op die uitbreek van Slenkdalkoors, en of dit nie ‘n
nuwe vorm van Slenkdalkoors is wat die siekte veroorsaak het nie, ondersoek word.

“OBP het ook vir professor Prozesky die reg gegee om enigiemand wat hy as relevant tot sy ondersoek te sien, aan te stel. Daarmee saam is daar ook ‘n groot aantal boere by die ondersoek betrek ten einde dit so onafhanklik as moontlik te maak. Hy het ook ‘n reeks werkswinkels aangebied waartydens daar na die boere se klagtes geluister is en waar die konsultant boere verder ingelig het aangaande die ondersoek. Diegene wat die werkswinkels bygewoon het, was gretig om aan die ondersoek deel te neem en het hulle volle steun daaraan toegesê,” sê Modumo.

Hy sê dat die bevindinge van die ondersoek gedurende Januarie 2012 bekendgemaak sou word, maar dat omstandighede die bekendmaking uitgestel het tot Februarie 2012. Modumo sê ook dat sekere kwessie verder ondersoek moes word en dat verdere inligting dus bygevoeg moes word om die verslag so volledig as moontlik te maak. Die verslag sal dan na die onderskeie landboudepartemente gesirkuleer word voordat dit amptelik op 21 Februarie bekendgemaak word. Modumo sê dat ‘n opsomming van die verslag vryelik beskikbaar gestel sal word, terwyl die volledige verslag op versoek aan belangstellendes beskikbaar gestel sal word. Die media sal ook ‘n kopie van die verslag ontvang om die resultate van die ondersoek so wyd as moontlik te versprei.

“Van OBP se kant af wil ons dit baie duidelik stel dat die maatskappy geensins iets sal wegsteek aangaande hierdie kwessie nie. Dit is OBP se doelwit om die aangeleentheid tot op die been oop te vlek en ons wil dan ook die boere ons versekering gee dat professor Prozesky geensins deur OBP bestuur word nie. Hy is ‘n professionele, onafhanklike persoon wat deur en deur sy spore in die landboubedryf verdien het,” sê Modumo.

OBP het egter nie net teruggesit en wag professor Prozesky se verslag nie, sê Modumo.

“’n Nuwe kliëntebestuurstelsel is ook op die been gebring om enige klagtes wat ons vanaf die boere ontvang so spoedig moontlik op te klaar. Kliënte kan dus direk hulle klagtes aan ons deurgee en ons sal dadelik daarop reageer,” sê hy.

Volgens Modumo is daar ook ‘n aantal misverstande rondom die mandaat wat OBP het om enstowwe te vervaardig.

“OBP is ‘n vervaardiger en verspreider van entstowwe aan die landboubedryf. Die diagnose van siektes en hantering van monsters word nie deur OBP hanteer nie, maar word direk gedoen deur die geakkrediteerde Onderstepoort Veeartsenykundige Instituut (OVI). Die OVI se laboratoriums is verantwoordelik vir alle diagnostiese toetsing, wat natuurlik die identifisering van Slenkdalkoors insluit. Boere moet dus met die OVI in verbinding tree wanneer hulle monsters vir diagnose deurstuur. Intussen wil ek boere ook aanraai om ter enige tyd met die Staatsveeartse in kontak te bly om die voorkoming en beheer van dieresiektes te hanteer,” sê Modumo.

Four key steps in treating cattle

Beef producers deal with infectious conditions throughout the year. Challenges such as respiratory disease, scours, footrot and pinkeye keep you hopping with preventive tactics. When that fails, it's time to pull the sick ones and treat them.

If you have calves hitting the ground this spring, scours will be the next big health challenge. The people responsible for finding and treating sick cattle at your place probably have varying skill and experience levels. But, regardless of the disease or the caretaker's experience, the keys to successful treatment are the same.

- Identify sick cattle early in the disease process.

- Correctly identify the disease and causative agent.

- Administer appropriate therapy.

- Monitor sick cattle to continue therapy in a timely manner if needed.

We can all probably agree on these important steps. But how do we tell if they're getting done?

Identifying Sick Cattle if you evaluate cattle for illness, you're either consciously or subconsciously picking out signs of disease. These signs make up your "case definition."

Writing down a case definition for a disease is a way of teaching others with less experience. If the definition accurately represents your criteria for selecting sick cattle, then it's also valuable for "adjusting your dial" if the results suggest you're treating too many cattle or getting to them too late.